2025 Program
10 Mei: Predeking & Lyding (Lönngren Taljaard)
15 November: Bybelse Berading & Konflik Hantering (Martyn Beets)
Tyd: 9:00-12:00
Adres: Stellenbosch Bible Church (Techno Park)
Wie is ons?
Heiland en Heer se doel is die aansporing van gelowiges om in aanbidding te volhard.
Suid-Afrika het ‘n behoefte aan sterk Bybelse kerke, veral in Afrikaanssprekende gemeenskappe. Ons nooi u uit om te kom deel in die opdrag van ons Heer om dissipels te maak uit alle nasies, insluitend die naaste aan ons. Dit verg heldhaftigheid asook bekwaamheid om hierdie opdrag uit te voer. Staan saam met ons in gehoorsaamheid aan ons Heiland en Heer en die beantwoording van Sy opdrag.
Pastoor Lönngren Taljaard
Ph.D. Missiologie (NWU); M. Th. (NWU); M. Div. (TMS)
Pastoor Taljaard het sy M.Div graad by Master’s Seminary in 2010 voltooi. Hy het teruggekeer Suid-Afrika toe waar hy besig was met verskeie bedieningsgeleenthede totdat die Here vir hom en sy vrou die deur geopen het om ‘n bediening in Stellenbosch te begin as kerk-planter van Stellenbosch Bible Church, waar hy tans as pastoor dien. Hy het ‘n passie om God se woord te studeer en preek, mans te dissipel vir die bediening, die Evangelie te verkondig aan verlorenes, bybelse berading, en alle dinge kerkverwant. In 2021 het Pastoor Taljaard sy Ph.D. in missiologie voltooi met ‘n klem op apologetiek. Hy is ook tans betrokke by BBI (Berean Bible Institute) met ‘n klem op missiologie, teologie en apologetiek.
Addisioneel tot persoonlike toewyding en bybelstudie, is Pastoor Taljaard oortuig dat om tyd in die Woord saam met sy vrou en kinders deur te bring, maaltye saam te geniet en op ‘n gereelde basis pret as 'n gesin te hê is alles wat fundamenteel tot die versterking van sy bediening by SBC staan.
Ferdinand de bruyn
Ferdinand het ‘n nagraads verwerf aan die Universiteit van die Vrystaat in 2016 en het sedertdien die besigheidswêreld betree en werk tans in ‘n familie besigheid. Hy is in 2019 met Megan getroud en saam het hulle drie woelige seuntjies, Benjamin, Ludwig en Heinrich.
Ferdinand het nie formele teologiese opleiding nie. Hy is ‘n getroue lid by Stellenbosch Bible Church sedert 2017, en dien in verskeie bedienings. Hy het ‘n passie vir bybelse berading en om ander mans te dissipel. Hy sien Heiland en Heer as ‘n geleentheid om Afrikaanse mans te help om hulle families te lei en plaaslike kerke te versterk.